top of page
  • Facebook
  • Instagram

Die wysheid van ons voorsate in velsorg vasgevang

Koop ons lyfsalwe

LYFSALF / BODY BALM

Bederf jou sintuie en jou vel met ons lyfsalf-reeks wat sorgvuldig vervaardig is om jou vel te voed.

Die hoof bestandeel is skaaptalg (tallow) wat jou vel se eie olies naboots en maklik geabsorbeer word. Dis propvol vitamines en nutriënte.

Deur die eienskappe van kruie en essensiële olies in te sluit ruik die lyfsalwe heerlik. Kies eenvoud, kies die kennis van ons voorsate.

thumbnail_IMG_3566.jpg
natural skincare ingredients with herbs and oils

'n Moet-hê vir alle huishoudings of handsak.

Vir geringe skrape, vel-uitslae, gebarste hakke, muskietbyte, nuwe tatoeëermerke en puisies.

Die kern van hierdie strelende balsem is suiwer skaaptalg (tallow),  wat die vermoë het om die vel se natuurlike genesingsproses aan te wakker. Dit bevat kasterolie, bekend vir sy antimikrobiese en anti-inflammatoriese eienskappe. Sinkoksied verskaf 'n beskermende laag wat jou vel beskerm teen eksterne irritante terwyl dit ook genesing van die vel versnel. Die essensiële olies – naeltjie, tiemie, laventel, patchouli en teeboom – het elk hul eie unieke antiseptiese en kalmerende eienskappe.

Die potjie hou lank want 'n klein bietjie het groot oemfh. 

​

Lipsalwe / Lip balms

Embracing Connection

Teken in vir spesiale aanbiedinge en nuus

Thanks for submitting!

  • Instagram
  • Facebook

NATUURLIKE EENVOUD

O, VET! span die krag van die natuur in om velsorgprodukte te skep wat eenvoudig tog voedend vir jou vel is.

Natuurlik, effektief en heerlik op jou vel. EN dit ruik heerlik

Sunlit Mountain Landscape
Tallow balm with bakuchi
bottom of page